Chrisna Matthews

Category 10-20 KG'S
Position 1 ST
Weight Details
97.5 KG'S Starting Weight
KG'S Goal Weight
93.4 KG'S Current Weight
Challenge Progress
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
Start Finish

Geen motivering

Ek is tans op n baie laagtepunt wat die dieet betref. Ek voel hoe harder ek probeer hoe minder verloor ek.

Dalk is ek oor die algemeen op n laagtepunt. Stres bietjie oor persoonlike goed. En wens ek kan net n glas rooiwyn gooi en een aand ontspan en lekker eet.

Sug. Kom ons pak maar more weer die bul by die horings!

Weegweek

Ek wil gou die week saam met my man George toe gaan…moet egter eers my weegafspraak uitsorteer!

Ai die naweek…

Dis nogals interessant om die ander blogs te lees en min of meer almal sê dieselfde…naweek is moeiliker.

Pink shake

Ai ek mis my choc shake! Die pienk shake is nie sleg nie, maar die choc was baie nice…veral met bietjie koffiepoeier☕

Verveeld

Wanneer verander ons dieet n bietjie? Dis darem nou al baie vervelig alhoewel dit maklik is om nie te hoef dink oor wat is op die spyskaart nie.

Oefening

Ek wens oefening was lekker. En kos was sleg.

🤡

Moeg

Ek is nogal moeg. Ek het net nie energie nie.

Naweek

Snaaks hoe aanpasbaar n mens is. n Maand gelede was dit baie moeilik as almal n vleisie braai en ek moet dieetkos eet, en nou dink ek nie eens meer daaroor nie. Ek wroeg nie meer oor my spyskaart anders en meer moeite as die res sin is nie.

Chips

Ek is nou so lus vir slap chips…ek drink sommer asyn!

Nuwe huis…en ek vergeet om te blog

Gister het ons in ons nuwe huisie ingetrek. En met al die opwinding het ek heeltemal vergeet om te blog🙈

In elk geval…ek het vandag my tekkies afgestof!

fruit

Be a part of the
Slender Community

Sign up now to join the community and share your weight loss journey

Sign Up

Fill in your details below and we'll sign you up to the Slender Community