Niel

Category 10-20 KG'S
Position 3 RD
Weight Details
115.5 KG'S Starting Weight
99 KG'S Goal Weight
108.6 KG'S Current Weight
Challenge Progress
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
Start Finish

Weeg dag..

Ek het vandag ‘n wonderlike weegsessie gehad. Dit is baie motiverend om resultate te sien asook met ‘n kundige te praat oor die uitdagings van die program.

Die gesprek wat ek en die dokter gehad het, het ook weer nuwe moed in my gesit na ‘n harde paar dae. Vanaf die naweek het ek ongelooflik lus geraak vir allerhande dinge – nie noodwendig ongesonde goed nie, maar goed wat ons nie nou kan eet nie soos neute en bessies..

Na vandag gaan dit darm weer beter en is my fokus weer op die regte plek.

Week 4 – Here we go!

It’s the start of week 4 and I am ready for it! This week we have another weigh-in and I can’t wait to see the progress!

‘n Kwart is verby!

Drie weke is verby en ek oorleef nog! Die stryd is nog lank nie verby nie, maar as ek 3 weke kan uithou, dan kan ek verseker 12 weke doen!

Just keep going…

With all the delicious Valentine’s goods in the shops, it is difficult to stay positive, especially if you crave something chocolaty..
But we just need to resist and keep going the extra mile in order to avoid these temptations.

Today is rather difficult!

Hope everyone has a lovely Valentines!

Jy lewe net eenkeer..

Ek gesels vandag met iemand oor die Slender Challenge en my journey tot dusver, die struikelblokke en al die uitdagings. Aan die einde van die gesprek sê die persoon vir my “‘n Mens lewe net eenkeer, eet wat jy wil en geniet jou lewe!”

Ek sit na die tyd en dink oor wat die persoon gesê het en besef die volgende:

‘n Mens lewe net eenkeer, daarom moet ‘n mens jou lewe leef ten volle en dit geniet. Maar die word “geniet” verskil van persoon tot persoon, elke persoon het sy ideal oor wat hom gelukkig maak in die lewe.

Toe ek ingeskryf het om hierdie challenge te doen, het ek besef dat dit moeilik gaan wees en dat dit nie altyd lekker gaan wees nie. Maar ek ken myself en weet dat as ek weer gesond kan lewe, ek gelukkig sal voel. Ek glo “Healthy body = Healthy Mind”. En ja, hierdie was my keuse en die sukses wat ek hierdeur sal behaal sal vir my soveel vreugde verskaf!

Dis waar, jy lewe net eenkeer, maar ek kies om my lewe te verander en gesond te leef!

1ste dag van die 3de week

Ek kan nie glo 2 weke is al verby nie! Ek voel goed oor die vordering tot dusver en na Vrydag se weeg sessie het ek weer nuwe moed gekry!

Comfort Zones

Ek het vandag ‘n quote gelees wat my nogals geinspireer het. Dit sê “Great things never come from comfort zones.” Ek kan net getuig dat hierdie challenge my werklik uit my comfort zone sit, maar dit is elke oomblik die moeite werd!

Week 2 – Dag 2

Vandag was definitief beter as gister, maar ek moet sê ek was ekstra moeg en geirriteerd vandag. Ek was nie regtig honger of lus vir enige iets nie, maar dit voel asof ek GEEN energie het nie.

Ek sien uit na die measuring en weighing sessie die week. Ek dink om die resultate te sien gaan mens net nuwe moed en krag gee! Maar tot en met dan moet ek uithou en volhou…

Blou Maandag..

‘n Mens sal dink nadat jy al ‘n volle week lank op die challenge is, dat dit al sal beter gaan. Maar ek moet sê dat vandag beslis nie beter was nie. Vandag was absoluut ‘n blou Maandag, en alles wat verkeerd kon gaan by die werk het verkeerd gegaan. Dit was ‘n gejaag van die oomblik dat ek opgesteen het tot nou, skuins na 8 die aand.

Ek het gewoonlik met so ‘n rowwe dag myself bederf met iets lekkers, maar dit was nie vandag vir my beskore nie. Ek dink dit het bygedra tot die moeilike dag, maar as ek nou terugkyk na vandag is ek dankbaar dat ek sterk gestaan het.

Mag die res van die week net beter gaan!

Die Eerste Week

Eerste week verby, en ons het oorleef!! Ek moet sê, in die begin van die week was dit moeilik, maar soos wat mens begin gewoond geraak het, het dit makliker geword!

My grootste uitdaging die week was die naweek by die huis gewees. Om so tussen jou gesin te wees terwyl jy probeer gesond eet, was bitter moeilik. Daar was soveel verleidlike goedjies, maar ek is trots om te sê dat ek my man gestaan het en “NEE” gesê het.

Ons moet net die doelwit in gedagte hou en daarna streef!

En nou vir week 2!!!

fruit

Be a part of the
Slender Community

Sign up now to join the community and share your weight loss journey

Sign Up

Fill in your details below and we'll sign you up to the Slender Community